Pussy Riot

Pussy Riot
Lede van die groep in Januarie 2012.
Agtergrondinligting
OorsprongMoskou, Rusland
Genres
  • Protest music
  • pop
  • punk rock (vroeër)
  • hardcore punk (vroeër)
Beroep(e)Musikante
Jare aktief2011-tans
Webwerfpussy-riot.livejournal.com

Pussy Riot is 'n Russiese, feministiese en musikale protesgroep in Moskou wat gewild geword het danksy hulle uitlokkende punk rock, wat later in 'n toegankliker musiekstyl verander het. Die groep is in Augustus 2011 gestig en het toe altesaam 11 vrouelede gehad.[1]

Die groep het ongemagtigde, uitlokkende guerrilla gigs (konserte op 'n ongewone plek of in 'n ongewone vorm) op openbare plekke uitgevoer. Dié optredes is dan as musiekvideo's verfilm en op die internet geplaas.[2] Die groep se liriektemas sluit in feminisme; LGBT-regte; teenstand teen die Russiese president, Wladimir Poetin, en sy beleide;[3] en Poetin se bande met die leiers van die Russies-Ortodokse Kerk.[4]

  1. Charles Clover (16 Maart 2012). "Pussy Riot dig claws into Putin". Financial Times. Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2022. Besoek op 16 November 2012.
  2. Henry Langston (Maart 2012). "A Russian Pussy Riot". Vice. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2012. Besoek op 8 Augustus 2012.
  3. Carole Cadwalladr (29 Julie 2012). "Pussy Riot: will Vladimir Putin regret taking on Russia's cool women punks?". The Observer. Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2022. Besoek op 20 November 2012.
  4. Oleg Kashin (17 Augustus 2012). "Putin's message: if you're pro Pussy Riot you're against the Orthodox church". The Guardian. Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2012. Besoek op 10 November 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search